![Loading Events](https://ptawoodworkers.com/wp-content/plugins/the-events-calendar/src/resources/images/tribe-loading.gif)
- This event has passed.
Kabinetmakersbyeenkoms / Cabinet Makers Meeting – 2024-04-13
13 Apr @ 9:00 am - 12:00 pm
Goeie dag Kabinetmakers en Draaiers
Ek wil jou herinner aan ons naderende kabinetmakersbyeenkoms, wat geskeduleer is vir Saterdag, 13 April om 09:00.
Silverton Houthandelaars en Rubio Monocoat het ons vriendelik uitgenooi na die Silverton Houthandelaars store geleë te Krigestraat 481, Silverton. Dit verseker n baie interessante oggend te wees.
Die program is:
- Admin
- Demonstrasie deur Eugene en Francois van Rubio Monocoat
- Catherine gaan ons meer vertel oor Silverton houthandelaar en wat hulle daar doen en asook die verskillende hout spesies wat ons aanhou en hulle karakter eienskappe en intersante feite. Daarna gaan sy ons van vir ‘n “walkthrough” gee deur die store.
- Wys en vertel
- Kabinetmakersuitdagin – Moenie vergeet om die Groot Kompas en/of Skinkbord wat jy gemaak het, saam te bring nie
- Groepprojek
- Lootjietafel: Bring asb enige items wat nog van nut kan wees vir ander lede, vir die lootjietafel, Die prys van ‘n lootjie is R5
- Afsluiting: Silverton Houthandelaars sal ons voorsien van boereworsrolle en verversings om die oggend op ‘n feestelike noot af te sluit.
Onthou om asseblief jou eie stoel en iets vir die lootjietafel te bring.