This user account status is Approved

This user has not added any information to their profile yet.

Secretary & Retaining and Attracting Members
Woodturners, Cabinet Makers

Jan is gebore in Bloemfontein. Hy was sy hele beroepsloopbaan tot en met sy aftrede in 2014,  in diens van Telkom (vroeër die Dept van Pos en Telekommunikasie).

Hy het as kind alreeds saam met sy Pa begin houtwerk doen. 'n Belangstelling wat van tyd tot tyd opgeflikker het en handig te pas gekom het wanneer kaste of ander meubels vir die huis gemaak moes word.

As laerskoolkind het hy kennis gemaak met 'n draaibank. Die draaibank was aangedryf deur die trap van 'n voet pedaal. Hy gebruik nog steeds die beitels van sy oorlede oupa waarmee hy destyds op die draaibank geleer draai het.

Net voor sy aftrede moes hy besluit op 'n afskeidsgeskenk van Telkom. Die keuse het toe geval op draai gereedskap en het hy dus ook besluit om te fokus op draaiwerk. Hy wil graag konsentreer op die maak van gebruiksartikels.